Week 35 - Dad man

Hi julle….dis die Dad man hier
 
Hierdie is ‘n ongelooflike tyd in ons lewe, wat ‘n ervaring!! 35 weke voel nou al soos 135, ek kan nie meer wag om my nuwe rol aanteneem en vir die eerste keer in ons seun se ogies in te staar nie. My raad aan ander ‘to-b-dads’ is baie eenvoudig…..ondersteun jou vrou ten alle tye. Mmmm hoor ek julle sê, o.k hier is paar voorbeelde om te help:
 
word ‘n meester in voet en rug maseering (ja….dis nommer 1);
lees vir hulle stories sodat hulle maklik aan die slaap kan raak (en maak dit interessant, hansie en grietjie het mos strawberrry milkshake uit die kouewater kraan van die heks se huis gedrink…ne?);
moenie sê jy hoop die kind is groot nie (al dink jy al klaar aan die nuwe Springbok 8ste man)
wees konsekwent met inkopie advies (niks is te goedkoop nie, en tegnologie is ‘n wonderlike ding)
waardeer hierdie tyd van verandering wat sy deurgaan (jy dink jy verstaan, maar eintlik sal jy nooit nie….so waardeer dit)
 
Wel dis al van my kant af. Een van die dae as Luke net bo oor die tennis net kan sien…gaan hy sy Ma wen. 6-2 6-4 en 6-Love…..want sy pa gaan hom leer.
 

July 18, 2008. 35 Weeks. 1 Comment.

Week 35

Luke John van Vuuren

Word Verwag – 21ste Augustus 2008

 

Ons het al ‘n geruime tyd terug besluit op ‘n naam, dit sal dieselfde as sy oupa van Vuuren se voorletters wees.

Ek was weer gister by die dokter, die afsprake is nou elke week.  Ons het weer ‘n sonar gedoen en hy lyk nog net so pragtig.  Oom dokter het sy bene gemeet, sy kop, arms en alles dui daarop dat hy 35 weke oud is, die kop is so bietjie groter.  Hy het sy mond oop en toe gemaak terwyl ons die sonar gedoen het, lyk so asof hy drink.  Hy weeg al 3.3kg en is swaar vir my, ons verwag dat hy seker nog so kg sal optel voor geboorte. 

Deesdae voel ek ‘n punt op my maag uitstaan, ‘n voet? elmboog? knie? weet nie eintlik wat dit is nie, maar as ek dit vryf skuif hy, dit lyk bazaar! Dit voel amper soos hierdie foto hieronder, goeie foto editing.

 

Ek slaap amper glad nie, as ek lê dan druk die maag.  Hy skop my wakker in die nag en dan is ek honger, ek kan nie meer baie eet op een slag nie, met die gevolg is ek elke 3 ure honger.  Hy maak my seker gereed vir die nag voedings.

Ons het van die laaste goedjies gedoen, voor Luke sal arriveer, H het die baby Bjorn uitprobeer en die nodige verstellings gemaak, hier is hy besig met dit. 

My tassie is amper klaar gepak vir die hospitaal en alhoewel daar nog ‘n paar goed gedoen moet word, dink ek ons is gereed, opgewonde, bang, gelukkig en reg as ek moet ingaan.

 

July 18, 2008. 35 Weeks. 3 Comments.

Week 32

Laas week Saterdag het ons heeldag spandeer in die voorgeboorte klas, ons was seker so 15 swanger paartjies, dit was baie interesant, ons het soveel geleer.  Hulle het ‘n video gewys van ‘n geboorte en ek en H was heel geskok na dit.  Ek dink ons ly nou nog aan skok…hehehe

Vir die eerste keer het ek ander vrouens wat ongeveer dieselfde tydperk as ek swanger is gesien, almal dra hulle swangerskap anders.  Party vrouens is bitter klein en ander is weer baie baie groot, ek neig meer na die groot kant.  Ons was verbaas om te sien ons was amper die jongste in die klas, daar was mense wat diep in hulle 40s was. 

 

H gaan binnekort na Melbourne toe vir besigheid, ons het gedink ons kan sommer ‘n lang naweek van dit maak, maar na ek met my dokter gepraat het, het hy my afgeraai om te vlieg… sug.  Ek wou so graag daarnatoe gegaan het.  Ek en die kleinding sal gaan volgende keer. 

Afsprake by die dokter raak nou meer gereeld, oor ‘n rukkie is dit sommer elke week. 

Ons kleinding vorder vinnig en ek het al 13kg opgetel en het ‘n maag omtrek van 106cm.  Hy weeg al 2.2kg.  Sy ooglede kan nou oop en toe maak.  Die spasie raak nou min vir hom en hy het alklaar kop na onder toe beweeg, ons is so bly dat hy alklaar sy posisie ingeneem het vir geboorte.  Hy beweeg nogsteeds baie in my en dit is ‘n wonderlike gevoel om te voel hoe hy rondbeweeg.  H het ook baie beweging gevoel en hy is in ekstase.

Hier is ‘n voorbeeld van hoe hy nou lyk.

June 27, 2008. 32 Weeks. 5 Comments.

Week 29 - Ooievaars partytjie

Gister tot my verbasing het my vriendin Theresa en H ‘n verrassing ooievaarspartytjie vir my gereel.  Sjoe jong julle, alles was so goed beplan.  Valerie het my met ‘n doek aangetrek met ‘n dummy en ‘n kappie, ek moet sê, ek het heel belaglik gelyk - maar dit was ‘n heerlike dag. Theresa het begin deur vir my ‘n Welkom boekie te gee wat sy aanmekaar gesit het van van my vriende en familie in Suid Afrika, sy het dit met die hand oorgeskryf wat mense vir haar ge-e-mail het, Celeste en Deon, Jacques, Monique, Antha, Pierre, Natalie en Bernard, Ma Lina en Pa Dippie.  Sulke mooi boodskappe, ek kon dit nie eers daar lees nie, ek was bang ek stort ‘n traan, wat wel die geval was later die aand by die huis. 

Daarna het sy begin persente uitdeel en ek moes raai wie het dit gekoop het, die gholf stel was maklik, H wou nog altyd vir die kleinman ‘n stel gekoop het, maar die kaartjie wat hy saam gestuur het was so pragtig, dit lees as volg:  “Ons grootste geskenk is opad, en ek kan eerlik waar nie meer wag nie! My liefde vir julle ken geen grense, en my hart oorvloei met trots om te dink ons gaan saam die kleinding se lewe beleef en ervaar.  Ek weet ons gaan fantastiese ouers wees en ons baba seun met die hulp en liefde van die Here groot maak.  Julle is vir altyd in my hart en gedagtes’ Jou man en Dad’”Dit het moeiliker geraak om te raai wie het wat gekoop soos die tyd aangestap het.  Ma Hannah het ’n pakkie gestuur van SA, toe ek moes raai, toe sien ek die handskrif, sy kon my nie vlous nie, dit is verseker wonderlik om iets te kry van oorsee, sy het die oulikste badhandoek en langmou vessies gestuur.  

Die vriendinne het almal baie moeite gedoen en ek het van ‘n playmat van Anne-Marie gekry, van die ander vriendinne het shopping trollie cover, klomp speelgoed, baie wraps, kot lakens tot ‘n dummy gekry.  My jongste vriendin Adele het ‘n masiewe mandjie vol goed gekoop, onderandere pajamas (kyk na die foto onder), ek sal verseker nie uithardloop uit klere, wipes, babapoeier of sjampoo nie.  Ek het selfs doeke van die mense gekry.  My een vriendin Sarah het ‘n kombersie gemaak, dit was nog nie klaar nie en sy gee dit vir my later weer terug, mooi met apliek werk. Theresa het ook vir my ‘n playgym gekoop, hy is so bederf, ek kan nou een in die sitkamer sit en een in die kamer hou.

Theresa het die laaste geskenk vir my oorhandig van Antha af, en o genade ek het amper op my rug geval so groot was die boks wat DHL afgelaai het, daar was die mees interresante goed in,’n playgym, sonbrille(so oulik), ‘n regte Engelse teddiebeer (die teddiebeer het ‘n boodskap van Antha in, as mens sy hand druk dan kom die boodskap deur met Antha se stem, waar sy sê hoop ek het ‘n baie lekker baby shower, ek het dit eers by die huis agtergekom, H het vergeet om my te sê), swembroek met ‘n hawain hemp (jong maar hy gaan oulik lyk in dit).  Dan iets wat ek nog nie voorheen gesien het nie, ‘n blomme ranskiking uit babygrows uit.

 

Elisca het alles op video vir my afgeneem en ek kan eendag weer kyk na hoe oulik dit is, sy het ook ‘n besonderse geskenk gegee, ‘n jaar subskripsie aan ‘n tydskrif vir ‘practical parenting’.  Ek is gek oor dit en ek dink ek sal verseker baie nut uit die tydskrifte kry, dit word elke maand by die huis afgelewer.

 Almal het ‘n bord lekkergoedjies gebring, daar was soveel soetgoed dat ek tot laat na die partytjie vol energie was. Theresa het ‘n pram koek gebak, kyk net hoe oulik.

 

Ma Lina en Pa Dippie het ook fotos en ‘n boodskap gestuur van wat hulle vir hom gekoop het, die teddy lyk pragtig en my ma sal die klere en teddy saambring wanneer sy kom kuier in Augustus.  Ek het my ouers ‘n jaar en ‘n half laas gesien, en was skoon verbaas om te sien hoe goed hulle lyk.  Emma en Hendrik het vir my ‘n e-mail gestuur terwyl ek by die baba shower was, ou Iggie het selfs ‘n sms boodskap gestuur.  Pa Louw het ‘n boodskap vir my gelos op H se voicemail, net soos hy dit kan doen, verseker die persoon wat ek sal laat speech op enige geleentheid, blykbaar het hulle ‘n kaartjie gestuur wat nog kom. 

Ek voel bederf en is baie gelukkig om vriende en familie hier in Australië, in die UK en in Suid Afrika te hê, almal maak hierdie ondervinding van my wonderlik en ek is dankbaar vir elkeen.

 

June 11, 2008. 29 Weeks. 5 Comments.

Week 27

 

Moedersdag was om die draai en ek het al klaar ‘n kaartjie gekry van my seun, sy pa het dit so mooi geskryf, so asof dit geskryf was deur ‘n 6 jarige.  Ek besef nou dat ek van nou af altyd ‘n moeder gaan wees en hopelik elke jaar ’n moedersdagkaartjie en miskien geskenke gaan kry. 

H was laas week in Sydney, dit was baie alleen hier in die aand sonder hom.  Ek het ‘n moeder klas bygewoon laas week, alles oor borsvoeding en roetines.  Daar was 7 ander paartjies daar, almal met hulle magies en almal net so opgewonde om te begin met ouerskap.  Ons het so baie geleer en alhoewel dit baie keer na so baie werk klink, is ons nogsteeds opgewonde.

Australië se federal budget was aangekondig laas week en ons sal ‘n baba bonus van die staat af kry van $5000 binne die eerste week wat ons seun gebore word. Dit is ook nog net geldig vir hierdie jaar, daarna verdeel die goewerment dit op volgens verdienste en betaal dit ook net twee weekliks.  Dit is daar om die nuwe ouers te help met enige onkostes wat aangegaan is gedurende die swangerskap, en die ekstra goed wat gekoop moet word.

My vriendin Theresa het my in die week gevat vir inkopies en koek, sy ken al die plekke en ons het die mooiste klere vir hom gekoop.  Ons was by van die beste baba winkels in die stad en omdat sy voorheen daar gewerk het, het sy nog staf afslag gekry, dit was heerlik om nog 40% af te kry op die goed wat ek gekoop het.  Sy het vir die doek-omruil tafel ‘n oortreksel vir my gemaak met sy naam op geborduur en ‘n dolfyn langs dit, dit lyk so pragtig.  Sy doen baie moeite en ek is so bly ek ken haar.

Vir 2 dae het ek glad nie hom gevoel skop of beweeg nie, ek het baie bekommerd geraak en besluit dit is tyd om te gaan kyk wat aan gaan.   Die dokter het sommer dadelik ‘n ultra sound bespreek en ek en H het saam gaan kyk of alles reg is.  Hy het baie stil gelê en is toe gedraai na binne en skop teen my ingewande vas, dus kon ek niks voel nie.  Na die verligting het die dokter alles weer gemeet en gekyk of alles reg is en ons het baie beweging gesien, alhoewel ek niks kon voel nie.  Sy het ook bevestig dat hy nou 1.3kg weeg, dat hy 300gram meer weeg as ander babas op hierdie ouderdom.  Hy is ook langer, maar sy het vir my gesê dit is my eie skuld dat ek ‘n groot bulky man soos H gekies het om mee kinders te hê, sy stel voor alle vrouens moet mans kies wat jockeys is, hahaha.  Sy het ook ‘n foto geneem van hom in 3D, dit is te pragtig om te sien dat alles klaar gevorm is en hy het sy ogies nog toe gehou, miskien geslaap, die klein snip het my vreeslik laat worry.  H sê hy lyk net soos ek, maar alle babas lyk vir my maar dieselfde, een ding is verseker hy het H se oulike neus en gaan groot wees nes sy pa.  Blykbaar is sy oë alklaar blou terwyl hy in my maag is, dit vat dan van ‘n week tot ‘n paar maande voor sy ogies kleur verander na wat dit sal wees as hy ouer is.

May 22, 2008. 27 Weeks, Uncategorized. 4 Comments.

Week 24

Ons het uiteindelik die kot gekry, dit lyk pragtig.  Ons moes natuurlik die kot eers aanmekaar sit (DIY is nie ons maat nie).  Die seelewe is ‘n goeie tema en die kot kan laer verstel na so 6 maande en word uiteindelik ‘n klein bed.

 

Hendrik se vriende van die werk het alreeds ‘n klein Wallaby rugby trui gekoop ‘trippel nul trui grote’. Ons het kaartjies vir die toets tussen die Bokke en die Wallabies in Julie, dit sal sy eerste rugby game wees wat hy gaan beleef.  Die groot vraag is vir wie hy gaan skree.

Eers kon ek hom glad nie voel skop nie, maar deesdae voel ek hom elke dag.  Hendrik het ook so week terug die eerste keer ‘n hele paar skoppe gevoel, maar ek dink die kleinding het dalk gehik, want dit was so ritmies.  Dit is wonderlik om te voel hoe hy skop en rondbeweeg.

Intussen is ek nou al 10kg swaarder en my voete ly daaronder.  Ons het die naweek vir my ordentelike tekkies gaan koop, sodat ek kan gemaklik rondbeweeg. My bed is ook al gepak met ekstra kussings en duvets sodat ek sagter kan slaap, ek kan nie glo hoe moeilik dit is om te slaap nie. 

Ons was weer by die dokter en die keer het ons net geluister na sy hartklop wat so vinnig is, siestog hy is nog so klein, hy het nog nie baie vet aan die lyfie nie en weeg so tussen 570-700g en is al 22cm lank.  Sy middel oor het nou ontwikkel, wat dan sy balans sal kontrolleer, nou weet hy of hy onderstebo is of nie.  Ons baba se gesig is nou heeltemaal ontwikkel en hy is bedek met fyn haartjies (lanugo) en sy vel is beskermd deur die wax op sy vel (vernix).

Voorbeeld hoe hy nou al lyk.

 

May 6, 2008. 24 Weeks. 10 Comments.

Week 21

 Net so oor half pad daar…..yeeeha 

Die baba is nou 19cm lank en amper 300gram.  Hierdie week vorm die baba se smaak sintuie.

Slaap probleme… Ewe skielik sukkel ek om te slaap, kan nie op my rug slaap nie, dan voel dit asof my maag rek en die dokter raai dit ook nie aan nie.  As ek op my sy slaap dan druk die maag se kante na bo en dit voel asof ek nie asem kry nie. 

Ek raak nou groot en voel partydae heeltemal ongemaklik.  Ek het so bietjie probeer my maag tan, en sy pa wou net gou hello sê. 

Ons het al ‘n paar goedjies vir die baba kamer gekry en die stroller gekoop wat ek gesoek het.  Die tema van die kamer gaan See Lewe wees.  As julle enige oulike idees het vir die tema, laat my asb weet, ek weet Tersia het gesê sy mag dalk.

Cravings… het nou begin inskop, ek het begin bak, allerhande koekies, Hertzog koekies, oats koekies, ek koop niks by die bakery nie, so as ek dit soek, moet ek dit self maak.  Yum yum!!

 Oom Pierre het ‘n lekker lang e-mail gestuur, en hy is vreeslik bly om weer oom te word. Ek wonder of die klein aussie vir ‘n spin op sy oom se off-road bike kan gaan. 

April 13, 2008. 21 Weeks. 2 Comments.

Week 19

2.jpg1.jpg3.jpg 5.jpg

Ons was Woensdag by die dokter en ….. dit is ‘n SEUN!!!! Ons is so gelukkig, want ons wou albei baie graag ’n seun gehad het, en sal later julle laat weet wat die name gaan wees. 

 Die ultrasound was ongelooflik, toe sy vir ons sê dit is ‘n seun, toe sien ek net hoe vee Hendrik ‘n traan af.  Die baba is heelwat groter en die dokter sê, sy kan alklaar sien dat hy veel langer is as ander kinders.  Hy is normaal en hulle het die longe, niere ander organe en groei getoets.  Kyk net hoe pragtig lyk hy.

Ons het gou die ouers gebel en almal is vreeslik opgewonde oor die nuweling in die familie.  Nou kan die oumas begin brei (Lina, Betjie en Hannetjie…kan julle nog brei…ha-ha), die oupas moet asb vir my mooi gedigte stuur, sodat ek darem bietjie Afrikaanse kultuur vir die kind kan leer.  En ja Tannie Antha, Oom Bernard en Oom Riaan was net so bly oor die nuus.  Oom Riaan het klaar geoffer om hom te vat vir sy eerste rugby game op Ellis Park, maar alleenlik teen die Sharks. Tannie Antha van Londen……Hamleys is ‘n baie mooi speelgoed winkel (skimp, skimp).

Donderdag was dit bevestig dat my ma die 7de Augustus arriveer in Perth…yeeeeha - ons is baie opgewonde!   Ek het verseker ‘n meer gerusde hart noudat ek weet sy gaan my kom bystaan.  Pa Dippies sal nog laat weet wanneer hy arriveer. 

Dit is so lekker om hierdie blog te hê, my ma’s, pa, skoonsusters, broers, niggies, tannies en vriendinne gaan gedurig hierop, dit demp darem die verlange na Suid Afrika ‘n bietjie, dit is altyd lekker om van almal te hoor. Dankie vir julle bystand.

March 29, 2008. 19 Weeks. 3 Comments.

Week 18

Ek is so bly dat my energie weer terug is en dat ek weer kon swem hierdie week.  Ons het nog lekker dae hier in Perth vir middel Maart en dit was lae 30s die hele week.   Vir die eerste keer voel dit heerlik om te swem terwyl ek swanger is en ek het sommer 3 keer gaan swem laas week, het ook my maag probeer ‘tan’ vir so rukkie.  My ander kind het sommer ook geleer hoe om te swem, Jazzy het vir die eerste keer diep in die see geswem, ek dink sy is besorg oor my of oor haar bal wat in die water lê.  Ons het haar weer Saterdag gevat na die ‘doggy beach’, die nat hond lief elke oomblik by die see.

0301.jpg

Hendrik se boeke het gearriveer van amazon, alles oor ‘daddy’ wees.  Hy lees elke aand en kom met sulke oulike idees uit.  Gister het hy vir my laat weet hy sal ‘n paar goed doen voor ‘bubs’ gebore word, die brandalarm baterye sal verander word met long life baterye en hoe die plek veilig gemaak gaan word vir die kleinding. 

 Hulle reken die Mozart effect is goed vir die kleinding, ander reken die kind is alklaar besig genoeg om te groei dat dit nie regtig sal saak maak nie.  Wel ons het ‘n paar CD’s gekry wat ek so nou en dan luister, maar ek dink dit maak my eerder aan die slaap, Baby Einstein lallaby’s is verseker die beste CD nog.  Op die oomblik hou ’bubs’ van die liedjie ‘Rubber Necking’ van Elvis…haha, ek dans elke keer as ek daardie liedjie hoor.

My maag begin verseker nou groei teen ‘n geweldige spoed, die bal vorm het nou verander na ‘n eier vorm, en nadat my ma en Emma my so gewaarsku het teen rekmerke, smeer ek my hele middel lyf, borste en boude met rekmerk room elke oggend en aand.  Hendrik smeer so nou en dan my maag vir my.

0101.jpg

March 18, 2008. 18 Weeks. No Comments.

Week 16

16 Weeks - Volleyball

Hulle sê mens droom snaakse goed as jy swanger is, gisteraand het ek gedroom dat ‘n spinnekop oor my gesig loop, ek het so geskrik dat ek langs die bed gestaan het binne ‘n kwessie van sekondes.  Hendrik het so groot geskrik, ons het vir ‘n ruk die spinnekop gesoek..hahaha

Die afgelope week was net trane oor die simpelste goed, emosies loop hoog en ek raak nou bangerig oor die baba kamer wat nie aan die gang kom nie.  Ek mis my familie veral die week. snik

 Gister het ons gaan volleyball kyk op Scarborough beach, was heerlik. 

045.jpg

Die baba is nou so groot soos ‘n advokado peer, ek het nog nie ‘n skop gevoel nie.

week16-grabbing-kicking.jpgimages.jpg

Hier is ‘n voorbeeld van die baba hoe hy/sy nou sal lyk. Alles is gevorm, die bene is darem nou langer as die arms

March 10, 2008. 16 Weeks. 3 Comments.

Older Entries